WIE ONS IS

Sedert 2006

Gebou op Kwaliteit. Geanker in Ervaring.

Ons storie

Die eienaar, UC Uys, is oorspronklik van Heidelberg. Ná sy diensplig het hy in 1988 sy loopbaan in die Hexvallei begin by Uitkyk Plaas, waar hy 18 maande lank gewerk het. Hierna volg 21 jaar se waardevolle ervaring by Clovalley Farms – jare wat hom ‘n diepgaande begrip van die landbousektor en sy behoeftes gegee het.
As entrepreneur met ‘n passie om ‘n blywende bydrae tot die landbougemeenskap te lewer, het UC in 2006 die geleentheid gesien om wingerdboere van hoë-gehalte ankers te voorsien. So is Boland Ankers BK gebore.

Ons belofte

By Boland Ankers BK glo ons dat kwaliteit en betroubaarheid nie onderhandelbaar is nie. Ons streef daarna om die beste produkte en dienste aan elke kliënt te lewer, en ons verbeter voortdurend ons aanbod om by ons kliënte se groeiende behoeftes aan te pas. Van wingerdankers tot volwaardige konstruksieprojekte – ons is trots om deel te wees van die Boland se landbou-erfenis.

Ons Trotse Rekord

Ons Resultate Praat Vir Hulself

210+

Gelukkige kliënte

20

Jaar in bedryf

980+

Ankers

Vul in of laai af ons bestel vorm