Dienste

Volledige Oplossings vir Landbou en Konstruksie

Verken ons volledige reeks ankers, staalwerk en bouwerke – met trots gelewer aan kliënte in De Doorns, die Hexvallei en omliggende areas sedert 2006.

01

Boland Ankers BK vervaardig en verskaf hoë-kwaliteit ankers, pasgemaak vir die landbousektor se veeleisende behoeftes. Van wingerdankers tot spesialis-toepassings – ons ankers is gebou om te hou.

  • Pars Ankers 1.5m x 12mm

  • Hoek Ankers 2.5m x 20mm

  • Uitvoer Ankers 1.5m x 12mm

  • Boom Ankers 2m x 12mm

  • Net Ankers 2m x 16mm

  • Net Ankers 1.5m x 16mm

  • Net Ankers 2.5m x 16mm

  • Net Ankers 2m x 20mm

  • Net Ankers 2.5m x 20mm

Ons bied ook galvanisering van ankers aan, met laai, vervoer en aflaai volledig ingesluit in die diens.

Gewone ankers (indien nie in voorraad nie): 7 werksdae

Galvaniseerde ankers (indien nie in voorraad nie): 14 werksdae

Laai ons Bestel Vorm af